top of page
Header-Bar-Eksperiment.jpg

AKADEMIE

Ons volg die KABV-kurrikulum. Akademiese assesserings geskied deurlopend en ouers en leerders kry gereeld terugvoering. Hiermee 'n oorsig van ons akademiese kurrikulum. 

Akademie-GraadR.jpg
Graad R

Ons glo aan leer deur speel en ontdekking. Ons glo dat  kinders die beste leer wanneer hulle pret het, veilig voel en voel daar word vir hulle omgegee en hulle  word voortdurend  aangemoedig om hulle volle  potensiaal te bereik.

 

Ons verskaf deurgaans hoë kwaliteit onderrig om hulle voor te berei vir formele onderwys. Daar word deurlopende assessering gedoen om hulle behoeftes en vordering te  monitor.

 

Ons gee gereeld terugvoering aan ons ouers om hulle op hoogte te hou van hulle kind se vordering. Sosiale  vaardighede en waardes  is 'n fokus en ons kinders word holisties voorberei op graad 1. 

Graad R
Grondslag Fase

By Laerskool Paul Greyling is dit nie nodig om vêr te soek vir die beste Grondslagfase nie. Hier vind ons ‘n fase waar ons leerders veilig en geborge kan voel met uitstekende, kind-gerigte en passievolle personeel wat altyd op hoogte bly met die nuutste verwikkeling in die onderwys.

 

Ons onderwysers fokus daarop dat elke kind sy eie potensiaal ontwikkel en dit te bereik waartoe hy of sy in staat is. So bou ons ‘n positiewe selfbeeld en ‘n gesonde waaghouding by elke leerder.

 

Dit is vir ons baie belangrik dat die klasse so klein as moontlik gehou word sodat daar genoeg aandag gegee kan word aan ‘n leerder wat probleme ondervind. Reken, lees, skryf en spel vorm die basiese boustene in die Grondslagfase.  

 

Daar is ook talle ander geleenthede vir ons leerders om hulle talente uit te leef. Hier leer ons speel-speel en spel ons leer met ‘n glimlag!

IMG_0273.JPG
IMG_1025.JPG
Intermediêre Fase

In die Intersenfase strewe ons om ‘n warm, ontspanne atmosfeer te skep waarin kinders gekoester word en ons ons missie uitleef om leerders instaat te stel om sy of haar volle potensiaal binne ‘n multi-kulturele samelewing te ontwikkel in ‘n klimaat van liefde en sekuriteit met die hulp van ons ouers en gemeenskap.

 

Ons is uniek in die sin dat ons ‘n betreklike klein skool is, maar ons leerders lewer uitsonderlike prestasies oor ‘n breë spektrum aktiwiteite: akademie, sport, kuns en kultuur, asook leierskap.

 

Hier glo ons om skool kry, met lekker kry klaar te kry – ons werk hard, maar ons speel harder.

WAT IS OP DIE AKADEMIESE KALENDER?

Grondslag Fase
Intermediêre Fase
189700093_4192613534128240_423140476162703491_n_edited.jpg
Vaardigheidsvrydag

Elke Vrydag leer Paulies 'n vaardigheid aan. Iets wat hulle is die wêreld buite skool kan gebruik.

Nasorg

Laerskool Paul Greyling se nasorg bied 'n veilige omgewing vir jou kind in die namiddag. Hier word daar flink huiswerk gedoen, middagete geëet en
dik stukke gespeel.

Laai gerus die naskool inskrywingsvorms af in Afrikaans of Engels af.

 

E-pos voltooide vorms na cindy.blom3@gmail.com 
of kontak gerus vir 
Cindy Blom (+27 84 580 4276) vir meer besonderhede.

Copy of Home Page 2.png
Nasorg
PG_logo_V_01@3x.png
bottom of page