top of page

ons skool  ons trots  ons toekoms

Waar die koue Kaapse water teen die blou berge bots; tussen die spierwit duine onder in die vallei, waar die vleilande se voëls baljaar en die dolfyne en walvisse ons op pad skool toe groet.

Hier, in die hartjie van Vishoek, staan ‘n klein skooltjie wat vashou aan ‘n droom. ‘n Droom om met trots en respek in ‘n veranderende omgewing te onderrig. Om Afrikaans as moedertaal in ‘n oorheersend Engelse gemeenskap te koester. Om kinders toe te rus vir die onvoorspelbare toekoms.

Laerskool Paul Greyling is nie net ‘n skool nie, ons is ‘n gemeenskap. ‘n Gemeenskap wat glo in ‘n beter Vishoek, ‘n beter Wes-Kaap, ‘n beter Suid-Afrika.

Paul Greyling, hier om te dien - te dien in geloof.

Where the cold Cape waters meet the blue mountains; between the pure white dunes down in the valley, where the wetland birds frolic and the dolphins and whales greet us on our way to school.

Here, in the heart of Fish Hoek, stands a small school holding onto a dream. A dream to teach with pride and respect in a changing environment. To cherish Afrikaans as a mother tongue in a predominantly English-speaking community. To equip children for an unpredictable future.

Paul Greyling Primary School is not just a school; we are a community. A community that believes in a better Fish Hoek, a better Western Cape, a better South Africa.

Paul Greyling, here to serve – to serve in faith.

"Die produk wat die skool lewer – ons ongelooflike leerders – is ‘n voorbeeld van respek, uitnemendheid en trots."

PG_logo_V_01@3x.png
bottom of page